top of page

Kalahari Melon Seed Oil is "die een". ♥

  • MyrrhProducts
  • Feb 27, 2020
  • 2 min read

HALLO aan al ons mede Myrrh-familielede en sommer ‘n hartlike WELKOM aan ons nuwe intekenaars. Wat ‘n voorreg is dit nie om al ons opgewondenheid oor ons kennis en produkte met julle te kan deel nie!


Nou ja! Dis weer tyd vir ‘n lekker informasie stukkie oor ‘n uitstekende velsorg produk, waar op jy nie wil uitmis nie!


Hierdie outjie het ons al menigmale uit ‘n vel-noodgeval gered en is daarom sommer een van ons grootste bestandele in ons Vel-Herstel reeks. Ongelooflike terapeutiese waarde word hierin gevind. As jy nuuskierig is om meer oor hiérdie “vel-redder” uit te vind, hou aan lees.


Wees gewaarsku, jou vel mag dalk koppe laat draai!


KALAHARI MELON SEED OIL is “die een”. ♥



Dehidrasie van die vel affekteer elke velsoort, glo dit of nie - selfs ‘n olierige vel. ‘n Tekort aan vloeistowwe veroorsaak hierdie dehidrasie en daarom is dit baie belangrik om jou vel te voed met die nodige nutriënte. Om Kalahari Melon Seed Oil deel te maak van jou daaglikse velsorg roetine sal jou sommer jare laat jonger voel en lyk. Soos enige natuurlike produk is dit noodsaaklik om die produk vir ‘n minimum van 3 maande te gebruik om voldoende die resultate te sien wat jy wil bereik. Meeste van ons is mos nou so skuldig daaraan om ongeduldig te wees en onmiddelik resultate te wil sien, ons ook! Hierdie wenner is een van ons gunsteling anti-velveroudering produkte en beveel dit 100% aan. Ons sal sommer ‘n geselsie aanknoop met die mooi dame wat langs ons, by die velsorg afdeling van die winkel, staan en vertel van dié uitstekende olie. Kalahari Melon Seed Oil is veilig vir enige velsoort, ouderdom en geslag. Omdat dit veilig is vir gebruik op jou hele liggaam, word die olie selfs gebruik vir massering.


Hieronder is ‘n lysie van die interessante voordele wat hierdie olie vir jou vel en emosionele gestel kan bied.


Kort en Kragtig…


· Baklei teen die plooie, wat a.g.v. toename in ouderdom veroorsaak word. Ook sommer net omdat elke plooi ‘n storie vertel en jy dit as geheim wil hou.

· Bevorder die elastisiteit in die vel, sodat jy jou permanente fronslyntjie kan omkeer in ‘n glimlag. Soos die engelse sê; “Turn your frown upside down.”

· Verstop nie porieë of haar follikels nie. Perfek vir die sensitiewe velletjies.

· Bevog ‘n droë, geirriteerde vel. Geen meer vel vlokkies.

· Bevorder velvernuwing en genees beskadigde velselle tot amper nuut.

· Genees die veloppervlak deur meer bevogtiging te behou en gagga besoedeling te weerhou.


‘n Bietjie Wetenskap…


· 100% Koud-gedruk, gefiltreer en verpak net hier in ons pragtige sonskyn Suid-Afrika.

· Bevat 70% Essentiële vetsure (EFA).

· Bestaan uit ‘n hoë natuurlike Vitamien E inhoud van 2800 mg/kg.

· Wêreldwye versoenbare INCI naam (insluitend groot lande soos VSA en Sjina).

Die tabel hieronder, direk van ons verskaffer, gee ‘n baie goeie uiteensetting van hoe die

Kalahari Melon Seed Oil vergelyk met ander bekende olies.




En daar het jy dit…


Heelwat interessante inligting bespreek van ‘n TOP produk wat jy moet besit.

Koop dit hier.


Ekstra wenk: Jy kan hierdie olie vir jou geliefde man se trotse baard ook voer, jy mag dalk net gelukkig wees om meer gereeld ‘n kosmetiese “geskenkie” te ontvang… (Vir homself van homself, maar “eintlik” vir jou!) - Dis ‘n plesier! (Wink emoji).


 
 
 

Comments


bottom of page