top of page
Search
  • MyrrhProducts

Simson Haarolie

SIMSON HAAROLIE

100% CHEMIKALIEË VRY


Hoorie,

kry vir jou ‘n haarolie

wat sommer ook werk as ‘n baardolie.


Dis net een, twee, drie,

dan dans die lokke saam

en lyk so sterk soos Simson se raam.


Kan dit wees?

Verseker is dit goed vir jou vlees

EN gees!


Waai daai lokke.

Swaai daai lokke.

Tot die haan weer kraai.



Ons Simson Haarolie is ‘n uitstekende haarproduk, só uitstekend dat dit selfs deur ‘n haarstiles in haar salon gebruik en verkoop word. Hierdie haarolie kan ook vir die trotse baarde gebruik word!


Gesonde hare begin by ‘n gesonde kopvel.


Hierdie olie van ons is ‘n 3-in-1…

Eerstens stimuleer dit die kopvel se bloedvloei en is daarom ‘n goeie basis vir gesonde haarfollikels wat dan lei na verdikte hare en suksesvolle haargroei.

Tweedens werk dit uistekend as ‘n haarserum of diep behandeling wat dan optree as ‘n beskerming vir beskadigde en gebreekte hare.

En dan derdens, een van die belangrikste eienskappe van hierdie olie... Dit ruik heerlik! Vars en skoon en gesond.

Daar is verskeie redes en kwale wat veroorsaak dat ons hare uitval of beskadig word. Met die aanhoudende gebruik van die Simson Haarolie sal daar weer gou lewe in jou lokke gebring word, en ‘n bos hare op jou kop.


Wonderbaarlike Bestanddele


Al die olies in ons Simson Haarolie is deur heuwige navorsing gekies. Die goedgekeurde draer olies en essentiële olies in hierdie samestelling bied ongelooflike terapeutiese waardes aan vir gesonde haarsorg.


Draer Olies:

Avokadopeer, Kaster, Argan en Jojoba.


Essentiële Olies:

Laventel, Bloekom, Roosmaryn, Sitroengras, Teeboom, Jeneverbes, Salie, Seder, Tiemie en Geranium.


Hoe om Simson Haarolie te gebruik:


o Masseer jou kopvel met ‘n paar druppels olie om die bloedvloei te stimuleer. Was jou hare soos wat jy dit normaalweg doen.

o Jy kan een maal per week ‘n diep behandeling doen. Deurweek die hare met ‘n teelepel hoeveelheid en laat dit aanbly vir ‘n uur. Was jou hare soos wat jy dit normaalweg doen.

o Om jou haarvolume te bevorder, is dit net nodig vir ‘n paar druppels. Drup dit op klam of droë hare en styleer soos wat jy normaalweg doen.

o Jy kan ook die olie in jou handpalms vryf en dan oor fyn en lewendige hare stryk om hulle mooi in plek te hou.


Simson Haarolie is beskikbaar op ons aanlyn winkel:

– Kliek hier

Asook by ons inloop winkel:

– 169 Lekkerbreek street

Wonderboom

Pretoria

South Africa


Geskryf deur: Linmari Grünewald



86 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page