Vel-herstel Balsem
- MyrrhProducts
- Mar 26, 2020
- 2 min read
VEL-HERSTEL BALSEM
met granaatpitolie
Waar het dit begin:
Die bestanddele van "Vel-herstel" (voorheen bekend as Baby Bum balm) maak dit 'n uitstekende manier om 'n verskeidenheid veltoestande, wonde, uitslae en infeksies te behandel. Die olies is bekend vir hul anti-inflammatoriese en anti-oksidant eienskappe. Daarby is Kalahari Melon seed oil, Lavender, Vanilla en Jojoba-olies bygevoeg.
Granaatpitolie, as die belangrikste bestanddeel, is 'n goeie bron van essensiële vetsure, fenoliese verbindings, fitosterole en lipiedoplosbare fraksies. Dit maak dit 'n uitstekende anti-oksidant en anti-inflammatoriese middel. Granaatpitolie is ook ‘n beproefde natuurlike sonskerm.
Die produk word maklik deur die vel geabsorbeer en verstop nie porieë nie, daarom is dit geskik om aan jou gesig ook aan te wend.

Inhoud:
Pomegranate Seed Oil
o Natuurlike beskerming teen die son se UVA- en UVB strale (SPF).
o Bevat uitstekende selvernuwing eienskappe spesifiek vir die vel se oppervlak.
Kalahari Melon Seed Oil
o Bevat ‘n baie hoë Vitamien E inhoud.
o Beste anti-velveroudering bestanddeel volgens ons.
o Veg teen dehidrasie in die vel sonder om jou te laat gloei.
o Vir meer inligting oor hierdie olie, kan jy na ons blog toe gaan en lees oor hierdie olie, hier.
Lavender Essential Oil
o Bekende olie met ‘n vars en soet blomme reuk.
o Natuurlike anti-depressant wat ook help vir angstigheid.
o Restoreer jou vel en jou sisteem - fisies en emosioneel.
Vanilla Blend Essential Oil
o Ook ‘n bekende essentiële olie met ‘n soet reuk.
o Bevat kalmerende eienskappe wat help met ‘n besige brein, woede, slaaploosheid, stres en angstigheid.
Bewyse:
Alle herstel binne 3 - 7 dae.
Vel-Herstel Reeks
Ons is baie opgewonde oor ons nuwe Vel-Herstel reeks. Ons het al wonderlike terugvoer oor ons Vel-Herstel Balsem ontvang en het daarom besluit om ‘n Vel-Herstel Gesigsorg reeks te formuleer.
Hierdie reeks bestaan uit die volgende produkte en is beskikbaar om te koop, hier: https://www.myrrh.co.za/p/912276/vel-herstel-balsem
Vel-Herstel Gesigwas (50ml)
Vel-Herstel Serum / Gesigolie (20ml)
Vel Herstel Gesig en Lyfskrop (100g)
Vel-Herstel Balsem is beskikbaar in die volgende groottes:
50g / 150g / 500ml / 1ℓ
Na die konstante gebruik van "handsanitisers" wat alkohol bevat, het jou hande 'n goeie bevogtiger nodig wat jou droeë Vel kan Herstel.

Comentários